Manie was born in Frankfort and grew up on Mamre and I (Karin) was born in Rustenburg. We met at RAU where I studied B. Cur. We got married on the 16th of December 1989. We both studied further and then started with our respective careers. Manie is an industrial psychologist and I am a registered nurse. We were always involved with the farm, but never physically farmed. 

In 1992 Manie’s father passed away and then our “Farm Story” began. Mamre was always a sheep farm and Manie grew up in a sheep kraal. When we started farming, we started part-time, therefore we started with cattle. Sheep require your eyes and feet regularly.

From 2005 we began farming fulltime and decided to start farming with sheep again. After a decade experimenting with Intensive sheep farming, we now have the breed that is well adapted in the M.I.L.S System, namely the Mamre Genetics. We found that they were well suited to the intensive system with lambing pens. Our motto every day is: 

“Our Passion, Our Life”


Manie is op Frankfort gebore en het grootgeword op Mamre. Karin is in Rustenburg gebore. Ons het mekaar ontmoet op RAU waar ek B. Cur studeer het. Ons is op 16 Desember 1989 getroud. Ons het nog albei gestudeer en het daarna met ons onderskeie beroepe begin. Manie is ʼn Bedryfsielkundige en Karin ʼn Geregistreerde Verpleegkundige. Ons was altyd betrokke by die plaas.  

In 1992 is Manie se Pa oorlede en toe het ons “Plaas storie” begin. Mamre was altyd ʼn skaapplaas en Manie het in ʼn skaapkraal grootgeword. Toe ons begin boer het ons eers deeltyds geboer en het daarom eers met beeste begin boer. Skape het jou voete en oë nodig.  

Nadat ons in 2005 voltyds begin boer het, het ons besluit om weer met skape te begin boer. Ons het eers met ʼn ekstensiewe ras begin, maar het vinnig agter gekom dat hulle nie aangepas is in hierdie deel van die wêreld nie, en ook nie aard in die intensiewe stelsel nie, en moes ons noodgedwonge ʼn ander rigting inslaan. Manie het nog altyd die begeerte gehad om met Skape te boer, en het begin met die intensiewe lamhokkie stelsel. Ons het begin deur 25 ooitjies te koop, en toe het die boerdery net uitgebrei, tot waar die Mamre Genetika vandag is en die boerdery word gedryf deur passie. Die Mamre Genetika is begin in Maart 2010, en hulle doen hulle leuse elke dag trots gestand, naamlik: 

  “Hierdie Buksies is Bielies!”

Theme: Overlay by Kaira
Mamre, Frankfort, Free State,, South Africa
Select your currency
ZAR South African rand