Boereplan: Intensiewe lamstelsel maak skaapboerdery lonend

Boereplan: Intensiewe lamstelsel maak skaapboerdery lonend

Charl van Rooyen

’n Bedryfsielkundige het ’n stelsel vir intensiewe skaapboerdery ontwikkel wat nou uiters suksesvol deur sy vrou, wat ’n doktorsgraad in verloskunde het, gevolg word om ’n lonende skaapboerdery te bedryf. Wat as ’n akademiese ondersoek na die volhoubaarheid van intensiewe boerdery met vleisskape begin het, het vir mnr. Manie en dr. Karin Wessels in ’n boerdery ontwikkel met 180 Dormer-stoetooie, een werker en ’n lampersentasie wat nog nooit minder as 180 was nie. Hulle was jare lank Johannesburgers. Manie het op die familieplaas, Mamre, tussen Vrede en Frankfort grootgeword en wou graag boer. Nadat hy in die vroeë 1980’s matriek geskryf het, was die gebied egter in ’n erge droogte vasgevang en hy het gaan studeer en hom as bedryfsielkundige bekwaam. In 1992 is sy pa, Herman, oorlede en hy het grond geërf. Later kon hy die res van die familiegrond en aangrensende plase bykoop. Intussen het sy pad gekruis met dié van Karin, wat haar doktorsgraad in verloskunde behaal en as vroedvrou gewerk het. Deur die jare het albei ’n begeerte gehad om heeltyds plaas toe te gaan. Manie was in daardie stadium ’n naweekboer met ’n vleisbeeskudde. Hy boer tans met Afrika-tipe vleisbeeste en volg die Lasater-filosofie van beesteling streng na. Hy selekteer naamlik vir die ses noodsaaklike, ekonomies belangrike eienskappe: temperament, gewig, aanpasbaarheid, melkproduksie, vrugbaarheid en bouvorm. “Ek het ’n klein mediumraamkoei geteel wat hier op die veld aangepas is en aan ons vereistes voldoen om op die ouderdom van twee jaar op die veld te kalf,” verduidelik hy sy teelbeleid.

Continue reading “Boereplan: Intensiewe lamstelsel maak skaapboerdery lonend”
Theme: Overlay by Kaira
Mamre, Frankfort, Free State,, South Africa
Select your currency
USD United States (US) dollar