Ooigesondheid is van kardinale belang

Toe Manie en Karin Wessels van die Mamre Intensiewe Skaapboerdery by Frankfort hul skaapkudde van sowat 30 ooie wat per maand lam tot tussen 150 en 200 ooie wat per maand lam uitbrei, het hulle geweet dat hulle ’n ander liga betree wat bestuur betref.

Karin sê die voedingstatus van die ooie is die belangrikste bestuursaspek in die Mamre Intensiewe Lamstelsel (MILS), want ’n ooi in goeie kondisie is ’n gesonde ooi. “Boere moet verstaan dat ’n versnelde lamstelsel die ooi aan stres onderwerp wat sy nie in ’n ekstensiewe stelsel ervaar nie.

Continue reading “Ooigesondheid is van kardinale belang”